Mentorskap vir beginnerskoolhoofde

  • van Jaarsveld M
  • Mentz P
  • Challens B
N/ACitations
Citations of this article
9Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Beginnerskoolhoofde in Suid-Afrika en in die buiteland vind dit al hoe moeiliker om aan die eise van hul werk te voldoen, hoofsaaklik vanweë ongenoegsame voorbereiding en ondersteuning. As beginners word hulle emosionele, sosiale en intellektuele intelligensie op die proef gestel. Daar word aangeneem dat tersiêre kwalifikasie- en opleidingsprogramme voldoende is om persone pasklaar as 'n skoolhoof af te lewer. Om die rede word daar van hulle verwag dat hulle in staat moet wees om die daaglikse nuwe eise en uitdagings te bowe te kom. Hierdie artikel konsentreer op mentorskap as ondersteuning vir beginnerskoolhoofde. 'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Deur doelgerigte steekproefneming is sewe skoolhoofde uit verskillende kulturele agtergronde as deelnemers geïdentifiseer. Die diskoersanalise wat daarna gevolg het, het aangedui dat beginnerskoolhoofde voel dat hulle bestuursvaardighede tekortskiet. Hulle het dit veral moeilik gevind om regskwessies, menseverhoudings, kommunikasie en departementele instruksies te bestuur. Ook het hulle laat blyk dat daar 'n gebrek aan gestruktureerde ondersteuning was, veral deurlopende ondersteuning.

Cite

CITATION STYLE

APA

van Jaarsveld, M., Mentz, P., & Challens, B. (2015). Mentorskap vir beginnerskoolhoofde. Tydskrif Vir Geesteswetenskappe, 55(1), 92–110. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n1a7

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free