Onderwysers se persepsies oor die moontlike impak van die afwesige vader op kinderontwikkeling

  • Botha L
  • Meyer L
N/ACitations
Citations of this article
13Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Vaderafwesigheid is ʼn ernstige probleem in Suid-Afrika (Ratele et al. 2012:553). Statistieke toon dat daar ongeveer nege miljoen kinders in Suid-Afrika sonder ʼn vader grootword (Statistics South Africa [StatsSA] 2015). Dit toon ook die stelselmatige verdwyning van tradisionele gesinstrukture aan. Die belangrikheid van die verskillende rolle wat die vader in ʼn kind se lewe speel, word deur navorsing beklemtoon. Sy betrokkenheid in die gesin lei tot ʼn gesonde kinder- en volwasse lewe ten opsigte van psigologiese en gedragsdimensies (Choi & Jackson 2011:698-704; Flouri & Buchanan 2003:63-78; Ratele et al. 2012:553). Volgens Saliha en Jayan (2013:40) is ʼn goeie vader van kardinale belang vir die optimale ontwikkeling van ʼn kind. In die lig van bogenoemde is ʼn gevallestudie geloods om die persepsies van onderwysers oor die moontlike impak van vaderafwesigheid op kinderontwikkeling te ondersoek.

Cite

CITATION STYLE

APA

Botha, L., & Meyer, L. (2019). Onderwysers se persepsies oor die moontlike impak van die afwesige vader op kinderontwikkeling. Tydskrif Vir Geesteswetenskappe, 59(1), 54–66. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a4

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free