Health benefits of soy beans and soy products: a review

  • Venter C
N/ACitations
Citations of this article
101Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

OPSOMMING Sojabone is volop, ekonomiese dieetbronne van proteïen. Tans word gefokus op die moontlike rol van sojabone in die voorkoming en behandeling van sekere degeneratiewe Wes-terse siektes soos hart-en bloedvatsiektes, osteoporose en sekere tipes kanker. Heel soja-bone bevat 40% proteïene, terwyl sojameel, sojaproteïenkonsentraat en geïsoleerde soja-proteïen respektiewelik 50%, 70% en 90% pro-teïen bevat. Verskeie nie-nutriëntbestanddele soos isoflavone, protease-inhibeerders, fi-tiensuur, saponiene en fitosterole kom in soja-bone voor en is moontlik vir sekere van die voordelige gesondheidseienskappe van soja-bone verantwoordelik. Die cholesterolverla-gende effek van sojabone mag te danke wees aan die aminosuursamestelling daarvan, en/of verlaagde cholesterolabsorpsie of galsouther-absorpsie, verhoogde laedigtheidlipoproteïen-(LDL-) reseptoraktiwiteite, verlaagde lewercho-lesterolsintese, anti-oksidantaktiwiteit of ver-hoogde plasmatiroksienvlakke. Die nie-nutriëntbestanddele van sojabone mag vir die cholesterolverlagende, antikarsinogeniese en beenversterkende effek verantwoordelik wees. Meer navorsing is nodig om die meganismes op te klaar waardeur sojabone en sojaprodukte die gesondheid van die mens beïnvloed.

Cite

CITATION STYLE

APA

Venter, C. (2010). Health benefits of soy beans and soy products: a review. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif Vir Gesinsekologie En Verbruikerswetenskappe, 27(2). https://doi.org/10.4314/jfecs.v27i2.52769

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free