"The Book", rugbybaasskap en die italiaanse verbintenis tydens die Tweede wêreldoorlog

0Citations
Citations of this article
5Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Nuwe inligting oor rugby onder die Suid-Afrikaners tydens die Tweede Wereldoorlog het na vore gekom. Dit het meestal betrekking op die verhouding tussen die Suid-Afrikaners en die Nieu-Seelanders en veral tydens die einde van die oorlog in Italië. Die kwaai wedywering tussen die twee rugbyspelende lande het tot "The Book" aanleiding gegee. Die "boek" moes die opponente van rugby leer en daar is selfs die wens uitgespreek dat dit 'n trofee tussen die twee nasies moes word. Behalwe die Suid-Afrika/Nieu-Seeland- verhouding, het Suid-Afrika ook baie gedoen om rugby in Italie te bevorder. Piet Theron van die S.A. Gesantskap het voor die oorlog 'n groot rol hierin gespeel en tydens die oorlog is talle wedstryde teen hulle gespeel, afrigting is onder hulle gedoen en nuwe spelfasette (soos die 3-4-1-skrumformasie) is oorgedra. Die waarde van sport in hierdie omstandighede, en in hierdie geval rugby, moet nie onderskat word nie. Dit het ledigheid teengewerk en so die soldate se goeie geestesgesondheid verseker asook sosiale samehorigheid bewerkstellig. Gesonde internasionale verhoudings (soos met Nieu-Seeland) het hieruit voortgevloei. Terwyl die oorlog 'n einde gemaak het aan baie soldate se rugbyloopbane, het dit weer die geleentheid geskep vir nuwe opkomende sterre.

Cite

CITATION STYLE

APA

Van Der Merwe, F. J. G. (2010). “The Book”, rugbybaasskap en die italiaanse verbintenis tydens die Tweede wêreldoorlog. South African Journal for Research in Sport, Physical Education and Recreation, 32(1), 129–138. https://doi.org/10.4314/sajrs.v31i1.43800

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free