Social capital in voluntary savings organisations in South Africa in historical perspective

  • Verhoef G
N/ACitations
Citations of this article
11Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Informele spaarorganisasies het histories ‘n belangrike ondersteuningsrol gespeel in veral die swart gemeenskappe van Suid-Afrika. ‘n Wêreldwye verskynsel van roterende spaar- en kredietorganisasies het ontstaan om in die daaglikse kredietbehoeftes van mense buite die banksektor te voorsien. Die behoeftes was beide monetêr en sosiaal. Hierdie studie ondersoek die voorgesette rol van stokvelle in die moderne Suid-Afrikaanse omgewing. Die studie wys dat netwerkverbindings onderling sosiale kapitaal skep op grond waarvan mense in hulle behoeftes aan krediet, lewensonderhoud en persoonlike ondersteuning in tye van nood en behoeftigheid, voorsien. Vertroue, wedersydse kommunikasie en ondersteuning, word beskryf as sosiale kapitaal. Die stokvelorganisasies verteenwoordig die manifestasie van die voortgesette belangrikheid van dié soort sosiale organisasie in die lewens van mense in alle sosiale strata. Stokvelle het deur die geskiedenis deur onderlinge besparing sosiale sekuriteit geskep en beskikbaar gemaak aan mense wat nie toegang tot normale bronne van krediet gehad het nie. Die navorsing in hierdie studie wys egter uit dat daardie sosiale kapitaal steeds in die modern samelewing die grondslag gebly het vir groepsbesparing en kredietverlening.

Cite

CITATION STYLE

APA

Verhoef, G. (2008). Social capital in voluntary savings organisations in South Africa in historical perspective. New Contree, 56, 29. https://doi.org/10.4102/nc.v56i0.402

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free