Abstract
Gauteng, die kleinste provinsie met die hoogste per capita inkomste in Suid Afrika, behoort geen disfunksionele skole te hê nie. As 'n provinsie spandeer Gauteng 'n groot deel van hul jaarlikse begroting op opvoeding, daarom moet die professionele ontwikkeling van hoofde die sentrale fokuspunt van die onderwysstelsel wees. Skoolhoofde behoort toegerus te word met kennis, vaardighede en waardes, om 'n effektiewe en doeltreffende instelling te kan bestuur en te lei. Die doel van die navorsing is om vas te stel wat die behoeftes van nuutaangestelde skoolhoofde is, hetsy kennis en/of vaardighede. Het die nuutaangestelde hoofde aan enige intreeprogram deelgeneem om hulle toe te rus om 'n skool suksesvol te bestuur? Die sukses van hoërskoolhoof word gemeet aan die skool se finale Gr 12 resultate.
Author supplied keywords
Cite
CITATION STYLE
Wiehahn, J., & du Plessis, P. (2018). Professional development of newly-appointed principals at public High Schools in Gauteng. Is social justice served? Koers, 83(1). https://doi.org/10.19108/KOERS.83.1.2336
Register to see more suggestions
Mendeley helps you to discover research relevant for your work.