Bread as dignity: The Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008

  • Bauling A
  • Nagtegaal A
N/ACitations
Citations of this article
6Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

OPSOMMING Die Grondwet, verbruikersbeskerming en brood as menswaardigheid Die belang van die onderlinge verband tussen mense-en verbruikersregte, (her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as 'n instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlik-voorgeskrewe plig om op 'n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig. Die Wet op Verbruikersbeskerming 1 stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien 'n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid-Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na 'n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in 'n mindere mate, 1

Cite

CITATION STYLE

APA

Bauling, A., & Nagtegaal, A. (2015). Bread as dignity: The Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008. De Jure, 48(1), 149–171. https://doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n1a9

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free