Traditional planning elements of pre-colonial African towns

  • Amankwah-Ayeh K
N/ACitations
Citations of this article
22Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Die konsentriese boustyl van prekoloniale Afrikastrukture (skuilings, woonplekke, plazas, gange, paaie of mure), asook die gemeenskaplike gebruik van fasiliteite in die prekoloniale stede, is in oorsprong eie aan Afrika. 'n Delikate balans tussen die beskikbare ruimte en die hoeveelheid mense wat dit bewoon, het aanleiding gegee tot ruimtelike intimiteit, asook 'n gevoel van kohesie, groepbeheer oor die nabyliggende omgewing sowel as die ruimte tussen die stede. Dit alles het bygedra tot die omgewingshandhawing van die stad. Hierdie artikel ondersoek die historiese grondslae van beplanningsprosedures ten grondslag van die vorm en struktuur (organies sowel as militêr) van tradisionele, pre-koloniale Afrikadorpe en -stede en hoe daarin geslaag is om 'n gesonde simbiose tussen stedelike en landelike omgewings te skep en te onderhou. Hierdie historiese insig gal eietydse stads- en streeksbeplanners in staat kan stel om in hulle beplanning van dorpe en stede tradisionele boustyle te kan verstaan en moontlik tot voortsetting van die tradisie kan implementeer.

Cite

CITATION STYLE

APA

Amankwah-Ayeh, K. (1996). Traditional planning elements of pre-colonial African towns. New Contree, 39, 17. https://doi.org/10.4102/nc.v39i0.517

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free