OPSOMMING Huishoudings kan op grond van 'n verskeidenheid van faktore in verskillende lewenstandaardgroepe ingedeel word. Die artikel gee 'n beskrywing van sommige van die maatstawwe wat gebruik kan word vir so 'n indeling en verduidelik daarna die maatstawwe wat deur die Suid-Afrikaanse Rekla-menavorsingstigting (SARNS) neergelê word vir 'n indeling in tien groepe volgens SARNS se Lewen-standaarde Metingsmodel. Die grondslag van die model is die besit van huishoudelike bates, toegang tot geselekteerde dienste (water, elektrisiteit, sani-tasie, ens) en die geografiese gebied waar die huis-houding woon. Totale huishoudingsbesteding van elkeen van die tien groepe word bereken deur die gemiddelde huishoudingsbesteding te vermenigvul-dig met die getal huishoudings in die groep. Daar-na word 'n vergelyking in die artikel gemaak van die aandeel van elk van die tien groepe in totale besteding aan 22 hoof bestedingsgroepe. Na die bespreking van totale besteding word die beste-dingspatrone van huishoudings wat in die laagste, middel-en hoogste lewenstandaardgroepe geklas-sifiseer word, geanaliseer om verskille in hulle huis-houdingsbegrotings uit te wys. Die items waarop die meeste geld gespandeer word word aangedui. Die bestedingspatroon van die laagste lewenstan-daardgroep, huishoudingsgroep 1, dui daarop dat omtrent al hulle geld aan basiese lewensmiddelle bestee word. Daarteenoor het die middel lewen-standaardgroep, groep 6, genoeg fondse beskik-baar om behalwe lewensnoodsaaklike lewensmid-delle ook sekere luukshede aan te koop terwyl groep 10, die hoogste groep, aansienlike fondse vir diskresionêre aankope tot hulle beskikking het.
CITATION STYLE
Martins, J. (2010). Household Cash Expenditure by Living Standards Measure Group. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif Vir Gesinsekologie En Verbruikerswetenskappe, 34(1). https://doi.org/10.4314/jfecs.v34i1.52888
Mendeley helps you to discover research relevant for your work.