'n Eksploratiewe ondersoek na adolessente se internetgebruik en die identifisering van moontlike risikofaktore ten opsigte van hulle psigososiale welstand

  • Van Der Merwe P
  • Jansen C
N/ACitations
Citations of this article
13Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Nuwe digitale media, soos die internet en selfone, het 'n integrerende deel van adolessente se lewens geword. Die doel van die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, is om te bepaal watter uitwerking adolessente se gebruik van hierdie media op hulle sielkundige welstand en vlak van sosiale aanpassing het. Die betrokke hoofargument is dat kommunikasie deur middel van hierdie media ten koste van belangrike sosiale interaksie in die ware lewe plaasvind - interaksie wat noodsaaklik is om gesonde verhoudings op te bou. Die navorsing dek die mate waartoe Suid-Afrikaanse adolessente besig is met aanlyn bedrywighede wat gevare inhou, in watter mate hulle ouers bewus is daarvan en die gevare kan uitskakel, en die noodsaaklikheid van onderrig in digitalemedia-geletterdheid wat spesifiek klem lê op emosionele intelligensie, 'n voorvereiste vir goeie sosiale aanpassing. Vyf-en-tagtig (85) leerders (13-15 jaar oud) van drie skole in Gauteng Provinsie en hulle ouers het onderskeidelik 'n leerder- en ouervraelys oor die gebruik van nuwe digitale media en tegnologie ingevul. Om 'n verband tussen adolessente se emosionele vaardighede en hulle gedrag in die virtuele wêreld te kan identifiseer, behels 'n groot mate van inligtingvertolking, wat daartoe gelei het dat die studie binne 'n narratiewe kwalitatiewe metodologiese raamwerk uitgevoer is. Die navorsing het aan die lig gebring dat adolessente tans 'n vorm van onderrig nodig het wat hulle emosionele intelligensie bevorder, sodat hulle digitale media kan gebruik om gesonde verhoudings op te bou en te versterk - in sowel die aanlyn wêreld as die werklikheid.

Cite

CITATION STYLE

APA

Van Der Merwe, P., & Jansen, C. (2015). ’n Eksploratiewe ondersoek na adolessente se internetgebruik en die identifisering van moontlike risikofaktore ten opsigte van hulle psigososiale welstand. Tydskrif Vir Geesteswetenskappe, 55(3), 490–506. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n3a11

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free