The feasibility of introducing solar ovens to rural women in Maphephethe

  • Wilson M
  • Green J
N/ACitations
Citations of this article
20Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Vorige navorsing het bewys dat die potensiaal vir die bemagtiging van baie landelike vroue in ‘n beter manier van beide kook en die versameling van brandhout lê. Die vele huishoudelike pligte van vroue kan so verlig word. ‘n Sonkookprojek is na aanleiding van hierdie bevinding in Maphephethe, ‘n landelike gemeenskap omtrent 80 km wes van Durban, geïnisieer. Die doel met die projek was drievoudig: om die sonoondtegnologie in die gebied bekend te stel, om ‘n kookprofiel op te stel ten einde die geskiktheid van sonkookmetodes vir die plaaslike omstandighede te bepaal, en om die mense te leer hoe om eenvoudige, goedkoop sonoonde te bou. Formele vraelyste, fokusgroepe en informele gesprekke is gebruik om die data in te samel en om die nuwe tegnologie aan die gemeenskap bekend te stel. Die resultate dui daarop dat sonkook in Maphephethe moontlik is, alhoewel sekere aspekte aandag moet geniet en die tegnologie daarvolgens aangepas moet word. Die geslagstereotipes wat aan tegnologieoordrag verbonde is, is bespreek, en ‘n pad vorentoe is aangewys om die tegnologie meer aanvaarbaar te maak.

Cite

CITATION STYLE

APA

Wilson, M., & Green, J. (2010). The feasibility of introducing solar ovens to rural women in Maphephethe. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif Vir Gesinsekologie En Verbruikerswetenskappe, 28(1). https://doi.org/10.4314/jfecs.v28i1.52793

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free