Die vroegste Khoi-Afrikaans

  • van Rensburg C
N/ACitations
Citations of this article
8Readers
Mendeley users who have this article in their library.

Abstract

Die vroegste Khoi-Afrikaans verwys na die Khoi-Khoin se aanleerderstaal gedurende die eerste helfte van die sewentiende eeu. In hierdie taal, wat tydens kontak met besoekende seelui ontstaan het, kan heelwat Afrikaans gevind word en dit kan as die eerste periode in Afrikaans se geskiedenis beskou word. Die data wat hier bespreek word, is gedokumenteer tussen 1595 en 1652. Die databasis vir hierdie studie bestaan uit 54 optekenings wat ooreenkomste vertoon met Afrikaans. 'n Ondersoek na hierdie vroegste boustene van Afrikaans behels nie net 'n analise van die versamelde skraps data nie (in opvolging van verskeie publikasies van Den Besten en Nienaber), maar wys ook op die voorkoms van aanleerdersvorme wat steeds nie heeltemal verafrikaans het nie, selfs nie 'n paar honderd jaar ná die eerste optekenings daarvan nie. In dié opsig vind hierdie studie aansluiting by werk van Bergs (2012) en Janda en Joseph (2003), wat gegewens oor skraps data, en die lang lewe daarvan, by taalgeskiedenisse integreer.

Cite

CITATION STYLE

APA

van Rensburg, C. (2016). Die vroegste Khoi-Afrikaans. Tydskrif Vir Geesteswetenskappe, 56(2–1), 454–476. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a10

Register to see more suggestions

Mendeley helps you to discover research relevant for your work.

Already have an account?

Save time finding and organizing research with Mendeley

Sign up for free